Kaap Recife Natuurreservaat

Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai.  Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele.  Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan.  Die roete begin by SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre), 'n pikkewyn reddingssentrum, voor dit by die waterherwinningspoele verby gaan.  Die roete lei dan deur plantbedekte sandduine en verby 'n uitkykpos…

Comments Off on Kaap Recife Natuurreservaat

Twaalf Appostels

Die Tafelbergreeks strek van Tafelberg tot by Kaappunt en het heelwat bekende pieke en landmerke wat deel van die bergreeks uitmaak.  Bo en behalwe Tafelberg self is daar ook Leeukop, Duiwelspiek en Seinheuwel met die Twaalf Appostels wat die mees prominente pieke aan die Atlantiese kant van die Skiereiland is.  Die Twaalf Appostels maak vir die perfekte agtergrond teen die luukse strande van Clifton en Kampsbaai. 

Comments Off on Twaalf Appostels

Plettenbergbaai sonopkoms

Sonopkoms en sonsondergang fotos is van my gunsteling fotos om te neem.  So rukkie terug het ons 'n naweek op Plettenbergbaai deurgebring.  Dit was 'n bibberend koue oggend en ek het maar gesukkel om uit die bed te kom, maar wou graag op die strand wees vir sonopkoms.  Dit was die moeite werd, want daardie oggend het ek van my gunsteling sonopkoms fotos geneem.  Die enigste probleem was dat ek gevoel het dat ek 'n fokuspunt of onderwerp in die voorgrond wou…

Comments Off on Plettenbergbaai sonopkoms

Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê

Daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê, daar's 'n hoender wat 'n eier nie kan lê,dis die haan wat op die kerk se toring staan. Wanneer ek reis en deur 'n klein dorpie ry soek ek altyd na historiese geboue en interessante plekke om te besoek en 'n foto van te neem.  Die eerste ding wat ek doen wanneer ek 'n ou kerk teëkom is om op te kyk na die…

Comments Off on Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê

Tsitsikamma Inheemse woud

Driehonderd jaar gelede het die inheemse woude van die Suidkaap al die pad van omtrent Mosselbaai tot by Humansdorp in die ooste gestrek.  Gedurende die laat 18de en die 19de eeu is groot dele van die woude afgekap om die aanvraag van hout vir die bou van skepe, die spoorweë, geboue en meubels te bevredig.  Dit gepaart met die groot vuur van 1869 en moderne ontwikkeling het daartoe gelei dat daar vandag net 'n klein persentasie van die oorspronklike woud oor is met die grootste…

Comments Off on Tsitsikamma Inheemse woud

Volstruisresies

Hoeveel mense kan op hulle cv skryf dat hulle 'n professionele volstruisjoggie is?  Nie baie nie, maar as jy hulle in aksie wil sien is die beste plek een of twee van die volstruisplase net buite Oudtshoorn.  Die volstruisresies in die foto vind plaas by Safari Volstruisplaas 'n paar kilometer buite dié bekende Klein Karoo dorp.

Comments Off on Volstruisresies

Sweef teen sonop met ‘n Warmlugballon

Ahhhhhh, om rustig te sweef deur die lug terwyl die son opkom in die ooste. Die stilte word net gebreek deur die klank van die vlam wat kort kort meer warm lug in die ballon inblaas. 'n Uitsig soos min met plaaswerkers wat oppad is lande toe doer onder jou and die Hartebeespoortdam wat glinster in die verte.  Daar is bitter min dinge wat naby kom aan 'n warmlugballon vlug saam met die legendariese Bill Harrop homself.Ek moet eerlik wees…

Comments Off on Sweef teen sonop met ‘n Warmlugballon

Die gezoem van die bye

Daar is 'n gesegde wat sê: "Gaan groot of gaan huis toe".  Miskien het hierdie heuningby dit gedink op haar daaglikse nektar ronte.  Hoekom nou in klein blommetjies gaan rondkrap as daar 'n perfekte goeie Koningsprotea is om in te gaan nektar versamel.

Comments Off on Die gezoem van die bye

Slakdop

Ek kan dit nie genoeg sê nie en julle sal dit nog seker baie hoor, maar mense is geneig om altyd vir die groot goed te soek en dan die klein dingetjies te mis.  Klein dingetjies soos 'n eenvoudige slakdop op 'n blaar.

Comments Off on Slakdop