Stormsriviermond hangbrûe

Die Tsitsikamma Nasionalepark op die Tuinroete is een van die mooiste plekke in Suid-Afrika met sy inheemse woude, loodregte kranse en pragtige kuslyn.  Die 1 km lange mondwandelpad van die ruskamp tot by Stormsriviermond is die gewildste staproete in die park en die hoogtepunt is die drie hangbrûe by die riviermond self.  Die oudste een van die drie steek die rivier oor terwyl die twee mees onlangse toevoegings oorgesteek word soos mens die rivier met die paadjie langs nader.  Die enigste waarskuwing wat ek het…

Comments Off on Stormsriviermond hangbrûe

Sondagsrivier Veerboot

Colchester net buite Port Elizabeth is a rustige plekkie en is baie gewild met vakansiegangers en stadsjapies wat oor die naweek bietjie wil wegkom en die Sondagsrivier geniet.  Behalwe die rivier is die twee ander groot aantreklikhede die Addo Nasionale Olifantpark wat se suidelike hek in Colchester uitkom en die reuse sandduine aan die ander kant van die rivier.  Die Sondagsrivier Veerboot doen daaglikse ritte in die oggend and laat middag met die rivier af waarna mens teen die duine kan opklim om…

Comments Off on Sondagsrivier Veerboot

Steve Biko tronksel

Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is.  Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is.  Hy is agter in 'n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe waar hy oorlede is.  Ek het onlangs die geleentheid gekry om die polisiesel te besoek waar hy in Walmer aangehou is en dink alhoewel dit…

Comments Off on Steve Biko tronksel

Witpoortjiewaterval

Die Witpoortjiewaterval is die fokuspunt van die Walter Sisulu- Botaniese Tuin in Johannesburg.  Die tuin is 'n baie gewilde piekniekplek en besoekers hou gewoonlik hulle oë baie wyd oop om te sien of hulle dalk die broeipaar Verreaux arende wat langs die waterval nesmaak kan gewaar.

Comments Off on Witpoortjiewaterval

Donkin Reservaat na donker

Die Donkin Reservaat in Port Elizabeth het 'n mengsel van beide oud en modern.  Die oud is die Donkin gedenkteken in die vorm van 'n piramide (1820) en die Donkin Vuurtoring (1861) terwyl die moderne aspek die nuwe kuns is wat deel vorm van Roete 67. 

Comments Off on Donkin Reservaat na donker

Perdemonument

Port Elizabeth is die tuiste van een van net twee monumente in die wêreld wat spesifiek opgesit is vir perde.  Derduisende perde is na die Kaapkolonie gebring vir die Britse troepe wat in die Anglo Boereoorlog tussen 1899 en 1902 teen die Boeremagte geveg het.  Die meeste van hierdie perde is deur Algoabaai ingebring en geskiedenis wys dat meer as 300,000 perde van siektes, uitputting en hongerte gesterf asook doodgeskiet is. Daar was reeds in 1901 'n besluit geneem om 'n monument vir die perde op te rig…

Comments Off on Perdemonument

Baba spinnekoppies

Ek is nie 'n groot aanhanger van spinnekoppe nie, behalwe as ek na hulle kyk deur my kamera.  Dan kom ek nogal verbasend naby.  Op 'n besoek aan 'n kampterrein langs die Gamtoosrivier het ek een middag gaan stap om 'n paar sonsondergang fotos te neem.  Langs die paadjie het ek iets vreemd opgelet en besluit om ondersoek in te stel.  Wat van ver af soos 'n bol iets gelyk het was 'n hele zoer baba spinnekoppies.

Comments Off on Baba spinnekoppies

Nelson Mandelabaai Stadion

Die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth was een van die stadions wat voor die 2010 FIFA Wêreldbeker gebou is.  Die 44 000 sitplek stadion het R1,1 miljard gekos (omtrent $150 miljoen) om te bou en is die eerste wêreldklas stadion in die Ooskaap.  Die stadion is langs die Noordeindemeer geleë en het gou een van Port Elizabeth se uitstaan landmerke geword. Die stadion maak vir 'n absoluut pragtige foto op aande wat daar 'n wedstryd plaasvind.Die stadion is die tuisveld van…

Comments Off on Nelson Mandelabaai Stadion

Houtkappershuisie

Met sy inheemse woude vasgedruk tussen 'n pragtige kuslyn en die Tsitsikammabergreeks en bruingekleurde riviere wat daardeur vloei is die Tsitsikamma een van my gunsteling plekke in Suid-Afrika.  Wanneer mens die dorpie Stormsrivier besoek vind jy hierdie ou bosbouhuisies langs Eikelaning wat van die dorpie na die ou pad deur die woud lei.

Comments Off on Houtkappershuisie

Knysnakoppe

Die Knysnakoppe by Knysna in die Weskaap is een van Suid Afrika se bekendste natuurlike landmerke en word gereeld in reistydskrifte en brosjures gesien.  Die Koppe is ook een van die gevaarlikste ingange tot 'n natuurlike hawe in die wêreld met menige bote wat al hier deur die branders omgeslaan is of op die rotse geloop het.

Comments Off on Knysnakoppe