Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê

Daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê,
daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê,
daar’s ‘n hoender wat ‘n eier nie kan lê,
dis die haan wat op die kerk se toring staan.
 
Wanneer ek reis en deur ‘n klein dorpie ry soek ek altyd na historiese geboue en interessante plekke om te besoek en ‘n foto van te neem.  Die eerste ding wat ek doen wanneer ek ‘n ou kerk teëkom is om op te kyk na die kerktoring om te sien of daar ‘n weerhaan bo-op is.  Die beste ding is dat hulle amper nooit dieselfde is nie en daar altyd ‘n nuwe een is om te sien.