Tsitsikamma Kuslyn

Die Tsitsikamma, plek van baie water, is sonder twyfel een van Suid-Afrika se asemrowendste streke. Digte groen inheemse woude waar woudreuse van oor die 800 jaar oud staan word van die blou see geskei deur loodregte kranse.  'n Ongerepte kuslyn met wit skuimende branders wat hulleself te pletter slaan op swart rotse.  Dolfyne en walvisse, otters in 'n sloep, luiperds teen die berg en die skugter Knysnaloerie wat tussen die boomtoppe rondbeweeg.  Stories van houtkappers uit die ou dae, olifantvoetpaaie en wie weet, miskien 'n bosgees of twee.  Duidelik een van die mooiste en…

Comments Off on Tsitsikamma Kuslyn

Die klein dingetjies

Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk.  Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap.  Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.

Comments Off on Die klein dingetjies

Swartberg plaashek

 Suid-Afrika bied inwoners sowel as besoekers 'n ongelooflike verskeidenheid van landskappe om te verken, geniet en foto's van te neem.  Hierdie foto is geneem oppad na die Swartbergpas vanaf Oudtshoorn.

Comments Off on Swartberg plaashek

Die Groot Vyf

Wie of wat is die Groot Vyf?  Kom ons wees meer spesifiek en sê die Groot Vyf van die diereryk, anders dink mense dalk ons praat van lande, natuurwonders of toerisme-attraksies.  So, wie of wat is die Groot Vyf van die diereryk?  Dis nie die vyf grootste diere of die mooiste vyf nie, maar die vyf wilde diere wat die gevaarlikste was om te voet te jag in Afrika.  Ek sê was want vandag is dit niks om 'n dier vanaf die agterkant…

Comments Off on Die Groot Vyf

Kaap Recife sonopkoms

Sonopkoms op die stand by Kaap Recife in Port Elizabeth met die vuurtoring in die voorgrond

Comments Off on Kaap Recife sonopkoms

Vergelegen in pienk

Die Weskaap is wêreldwyd bekend vir sy wynplase, party van hulle wat soveel as drie eeue terugdateer.  Een van die oudste wynplase in die Kaap is Vergelegen in Somerset-Wes.  Willem Adriaan van der Stel het sy pa, Simon van der Stel, in 1700 opgevolg as goeweneur van die Kaap.  Kort voor lank het hy 'n groot stuk grond aan die voet van die Hottentots Hollandberge vir homself geeien net soos sy pa met Constantia, die oudste wynplaas in die Kaap, gedoen het.  Dit het drie…

Comments Off on Vergelegen in pienk

Karoostorm

Party mense vind die baie vervelig om deur die Karoo te reis, maar vir meeste het die groot ooptes met die weie blou hemel bokant 'n spesiale aantrekking.  Na 'n warm somers dag kan 'n donderstorm baie gou opsteek soos hier net buite Steynsburg in the Ooskaap.  Die twee Karookoppies in die agtergrond is Teebus en Koffiebus omtrent 10km buite die dorp.  Die "bus" is blykbaar ou Nederlands vir pot en die naam kom van die feit dat hulle soos 'n teepot…

Comments Off on Karoostorm

Jagluiperd

 Die groot kat wat seker die meeste onderskat word wanneer daar oor die diereryk gepraat word is die jagluiperd.  Wildkykers wil gewoonlik leeus en luiperds sien en as tiere natuurlik in Afrika voorgekom het sou hulle ook seker bo die arme jagluiperd op die lys gewees het.  Die Jagluiperd is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h bereik.  Hy kan 100 km/h binne 3 sekondes bereik en kan tot 450 m ver die spoed handhaaf voor hy moet stop om te…

Comments Off on Jagluiperd

Waar is die leeus?

Besoekers aan die Addo Olifant Nasionale Park word aangeraai om twee (of drie of vier) keer te kyk en seker te maak dat daar nie leeus in die omgewing is voor hulle by die uitkykpunt op Suurkop uitklim nie.  Omdat die park die tuiste is van die Groot 5 - om die waarheid te sê dit is die enigste park in die wêreld wat kan sê hulle het die Groot 7 - is die kanse goed dat daar dalk 'n paar leeus êrens…

Comments Off on Waar is die leeus?

Die son kom op vir Raakreis

Sonopkoms in Plettenbergbaai met die Tsitsikammaberge in die verte .Wat beteken dit om raak te reis?  Die antwoord is eintlik heel maklik.  Dit beteken om op reis te wees en nie dinge te mis nie.  Dit beteken om alles te sien wat die moeite werd is om te sien, of dit nou 'n bekende landmerk is of 'n klein en onbekende monument.  Dit beteken om nie blindelings te reis nie, maar te verken sonder om na die tyd spyt te wees dat…

Comments Off on Die son kom op vir Raakreis