Volstruisresies

Hoeveel mense kan op hulle cv skryf dat hulle ‘n professionele volstruisjoggie is?  Nie baie nie, maar as jy hulle in aksie wil sien is die beste plek een of twee van die volstruisplase net buite Oudtshoorn.  Die volstruisresies in die foto vind plaas by Safari Volstruisplaas ‘n paar kilometer buite dié bekende Klein Karoo dorp.