Voortrekkermonument

Die monument wat seker die naaste aan die hart van meeste Afrikaners in Suid-Afrika is is die Voortrekker Monument net buite Pretoria.  Die veertig meter hoë monument is in 1949 voltooi en is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie vanaf 1838 verlaat het en noord na die Vrystaat, die ou Transvaal (vandag Gauteng) en Natal (KwaZulu Natal) met al hulle besittings op ossewaens getrek het. 

Comments Off on Voortrekkermonument

Die padda wou gaan opsit….

Een van die heel eerste fotos wat ek geneem het toe ek my eerste digitale kamera gekoop het was 'n padda in 'n poel onder 'n waterval in die Tsitsikamma-nasionalepark.  Elke keer as die na die foto kyk dan hoor ek die kinderliedjie van die padda wat wou gaan opsit.  So sommer net vir snaaks wees plaas ek die liedjie se woorde.Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,die padda wou gaan opsit by sy nooi in die…

Comments Off on Die padda wou gaan opsit….

Sokkerstad

Sokkerstad, ook bekend as die FNB Stadion, in Johannesburg is die grootste stadion in Afrika en kan net minder as 95,000 mense akkommodeer.  Die stadion is opgegradeer net voor die 2010 FIFA Wêreldbeker en het die bynaam Kalbas gekry omdat dit soos 'n tradisionele Afrikapot lyk.

Comments Off on Sokkerstad

Wit Renosters

Dit is 'n hartseer realiteit dat die renosters in Suid-Afrika onder 'n hengse druk geplaas word as gevolg van stropers wat hulle skiet en die horings uitkap.  Die horings word dan na die Ooste gesmokkel waar daar 'n groot aanvraag is omdat hulle dink die horings medisinale kragte het.  Dis 'n baie hartseer situasie en as dit nie gou gestop word nie mag daar dalk geen renosters oor wees in hierdie land oor 10 jaar nie.Die witrenoster (Ceratotherium simum) is nie regtig wit nie.  Hy…

Comments Off on Wit Renosters

Verkleurmannetjies

Is dit net ek of sien mens nie meer so baie verkleurmannetjies soos in die verlede nie?  Ek onthou hoe gereeld ons verkleurmannetjies in ons tuin gehad het toe ek 'n kind was, maar ek kan nie dink dat ek al een gesien het in die sewe jaar wat ek in my huidige huis bly nie.  Hier onder is twee wat ek oor die laaste paar jaar teegekom het.  Verskoon asseblief as die name nie perfek is nie. Suidelike Dwergverkleurmannetjie gesien in…

Comments Off on Verkleurmannetjies

Drakensberg Amfiteater

As iemand my moet vra om een deel van die Drakensberg te kies as my gunsteling, dan is dit die Amfiteater in die Koninklike Natalse Reservaat.  Die Amfiteater se muur staan oor die 5 kilometer lank en is omtrent 1,220 meter hoog oor sy hele lengte.  Die Tugelawaterval wat 984 meter oor die Amfiteater val is dan ook die tweede hoogste waterval in die wêreld.  Ons het so 'n paar jaar terug by Mahai in die park gekamp en kon die Amfiteater van omtrent al die…

Comments Off on Drakensberg Amfiteater

Vuurvoël

Ons weet almal van die mitiese feniks wat uit die vuur en as uit opgerys het, maar wat gemaak as mens skielik 'n swartkopreier in 'n veldbrand sien?  Is dit 'n feniks van ander vere?  Dit het nie lank geneem om te sien wat regtig aan die gang was nie.  Die veldbrand het sprinkane en ander insekte voor dit uitgejaag en die reier het letterlik net rondgestaan terwyl sy middagete na hom toe aangekom het.

Comments Off on Vuurvoël

Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Suid-Afrika is vol van klein dorpies met interessante verhale en plekke om te ontdek, maar een van die wat baie hoog op enige iemand se lys behoort te wees is die Uilhuis in die Karoodorp Nieu-Bethesda.  Nieu-Bethesda lê so 50km noord van Graaff-Reinet en is in 1838 deur Charles Murray, 'n Nederduitse Gereformeerde dominee van Graaff-Reinet, gestig.  Met die stigting van die dorp het hy gesê, "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen" vanwee die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid…

Comments Off on Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Golden Gate Hoogland-Nasionale Park

Een van Suid-Afrika se bekendste nasionale park landmerke is die Brandberg in die Golden Gate Hoogland-Nasionale Park in die Oos-Vrystaat.  Maak nie saak of dit wit gesneeu is in die winter of gras groen is in die vroeë somer nie, dis altyd 'n welkom gesig vir reisigers oppad uit die Vrystaat na KwaZulu Natal se kant toe.  Maar moenie net deurry nie, stop vir 'n dag of twee en verken die area. 

Comments Off on Golden Gate Hoogland-Nasionale Park

Durban Sonopkoms

Die begin van nog 'n pragtige dag in Afrika.  Ek het hierdie foto van die son wat oor Suidstrand opkom geneem uit my 9de verdieping hotelkamer gedurende die onlangse Indaba uitstalling in Durban . 

Comments Off on Durban Sonopkoms