Sweef teen sonop met ‘n Warmlugballon

Ahhhhhh, om rustig te sweef deur die lug terwyl die son opkom in die ooste. Die stilte word net gebreek deur die klank van die vlam wat kort kort meer warm lug in die ballon inblaas. ‘n Uitsig soos min met plaaswerkers wat oppad is lande toe doer onder jou and die Hartebeespoortdam wat glinster in die verte.  Daar is bitter min dinge wat naby kom aan ‘n warmlugballon vlug saam met die legendariese Bill Harrop homself.
Ek moet eerlik wees en sê dat ‘n vlug op ‘n warmlugballon nie regting op by bucketlist was nie omdat ek hoogtevrees het, maar toe ek die kans kry om op ‘n vlug te gaan het ek nie nee gesê nie.  Die eerste deel van die vlug het ons reedelik laag gevlieg en vir my was dit die lekkerste deel van die vlug.  Diep in my hart het het bebid dat ons nie regtig baie hoër sal gaan nie, maar ek het geweet dat dit uiteindelik sal kom.
En dit het.  Ek kon hoor die ander mense in die mandjie was baie opgewonde toe Bill aankondig dat dit nou tyd is om bietjie hoogte te kry.  Ek was nie heeltemal so seker nie.  Op, op, op het ons gegaan en op ‘n stadeem het ons 1000 meter bo die grond gesweef.  My vingers al hoe dieper in die mandjie se rand probeer indruk en my hart het in my keel geklop.  Maar die adrenalien het gepomp and ek het dit darem reggekry om een of twee fotos daar van bo af te neem. 
Vir ‘n uur of so het ek gevoel soos ‘n arend wat op die lugstrome sweef, maar voor jy dit weet stryk ons neer en pik die ondersteuningsvoertuig ons op op betyds terug te wees vir ontbyt.  Dit was regtig ‘n wonderlikke ervaring om te onthou en oor en oor vir mense van te vertel.  Iets wat ek enigetyd weer sal doen.