Bloukransbrug Bungee

Teen 216 meter hoog is die Bloukransrivierbrug op die grens tussen die Ooskaap en Weskaap die hoogste brug in Afrika.  Die brug is een van vyf enkelboogbetonbrûe op die N2 tussen Port Elizabeth en Plettenbergbaai en is 415meter lank.  Maar dis nie regtig hoekom ons hier is nie, is dit?Die eintlike rede hoekom die Bloukransrivierbrug bekendheid verwerf het is die feit dat dit ook is waar die hoogste brugrekspronge (bungee) in die wêreld plaasvind.  Alhoewel honderde adrenalienverslaafdes elke jaar van die brug afspring…

Comments Off on Bloukransbrug Bungee

Klein Karoo sonsondergang

Die son gaan onder oor die Klein Karoo.  Dis die einde van 'n snikhete somersdag en die horison is besig om te verkleur.  Blou raak goud raak donkerder.  Daar is nie 'n briese wat trek nie met die enigste beweging 'n volstruis wat teen 'n draadheining afloop.

Comments Off on Klein Karoo sonsondergang

Tafelberg van oorkant Tafelbaai

Tafelberg is die Moederstad en sekerlik Suid-Afrika se bekendste landmerk. Die berg is 'n UNESCO Wêrelderfenisgebied asook een van die Sewe Natuurwonders van die wêreld.  Dit is ook my berg.  Of altans so voel dit.  Ek het nog nooit in Kaapstad gewoon nie, maar wanneer ek die berg sien dan is dit asof ek huistoe verlang.  Ek groet die berg elke keer as ek in die Kaap aankom en weer as ek vertrek.  Daar is 'n band van een of ander soort tussen…

Comments Off on Tafelberg van oorkant Tafelbaai

Drakensberg wandelpad – Die Wandellied

Vir die een of ander rede het ek vandat ek met RaakREIS begin het en bloginskrywings in Afrikaans doen, skielik baie van die ou Afrikaanse Volksliedjies begin onthou as ek na van my fotos kyk.  Dis eintlik hartseer dat ons dit nie meer so baie sing soos wat ons gedoen het jare terug nie.  Hierdie foto is geneem op die Tigerfalls wandelroete in die Koninklike Natalse Reservaat in die Drakensberge en het my dadelik laat dink aan die Wandellied. Wandellied As ek moeg word vir…

Comments Off on Drakensberg wandelpad – Die Wandellied

Dias Museum

Daai dag in 1488 toe Bartolomeu Dias in 'n storm om die Kaap gevaar and kort daarna in wat vandag Mosselbaai is geland het, sou hy seker nooit kon raai dat op daardie selfde plek vandag 'n museum sou staan wat sy naam dra nie.  Die Dias Museum kompleks het 'n fantastiese verskeindenheid van attraksies en sluit 'n skulpiesmuseum, die Munrohoekhuisies, die oorspronklike varswaterfontein waar Dias se matrose water geskep het om aan boort te neem en die Poskantoorboom in.  Die Poskantoorboom is 'n…

Comments Off on Dias Museum

Springende krokedille

Die Kango Wildlife Ranch in Oudtshoorn het 'n lang pad gekom van die dae toe dit net 'n krokodilplaas was.  Alhoewel daar deesdae baie ander dinge is om te sien by hierdie bekende attraksie speel krokodille nog altyd 'n rol.  By die Springende Kake (Jumping Jaws) word die krokodil uit die water uit gelok met 'n stuk vleis.  Hy spring letterlik halflyf uit om die vleis te vat en terwyl dit gebeur staan besoekers met opgehoue asems om te sien of die gids…

Comments Off on Springende krokedille

Kaap Recife vuurtoring

Die Kaap Recife vuurtoring is op 1 April 1851 in gebruik geneem en staan net buite Port Elizabeth op die westelike punt van Algoabaai.  Kaap Recife is die draaipunt in Algoabaai in en word verskriklik gevaarlikste geag as gevolg van Thunderbolt-rif wat oor die eeue al verskeie bote en skepe geëis het.  Die rif self is vernoem na die HMS Thunderbolt wat in 1847 daar op die rotse geloop het.  The vuurtoring is 24 meter hoog en die lig is 4 000 000…

Comments Off on Kaap Recife vuurtoring

Volstruise

As ek mag wil ek graag die lirieke van Groot Voël Paradys deur Jacques de Coning aanhaal om saam met hierdie foto te gaan.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,los jou budgy by die huis en ek sal jou 'n groot voël wys.Oudtshoorn is 'n grootvoël paradys,Los jou mossie by die bossie en kom speel met my volstruis. Kom sit hier op my skoot dan vertel ek vir jou,van die grootste voël wat ek gesien het my vrou.Dit was daar by die Klein Karoo Kunstefees,as…

Comments Off on Volstruise

Seepampoentjie

Almal wat al langs 'n Suid-Afrikaanse strand gestap het moes die een of ander tyd êrens 'n seepampoentjie opgetel het.  Ek weet 'n seepampoentjie is 'n "sea urchin" in Engels, maar het nog altyd gewonder of dit dalk 'n ander naam in Afrikaans het wanneer dit nog leef.  Die eerste een wat ek besluit om te vra was my goeie vriend Google.  Hy laat my selde in die steek en hierdie geleendheid was nie anders nie.  Penny Nyren se boek Ontdek Stande was bo-aan die…

Comments Off on Seepampoentjie

Groenpunt

Wanneer mens in 'n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie.  Die volgende beste opsie is om op 'n strand, 'n park of natuurarea in die stad te gaan stap.  Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle onderskeie strandfronte.  Dit maak nie saak op watter strandfront jy stap nie, elkeen het sy eie bekoring, pragtige uitsigte en verskillende besienswaardighede.  Die Kaapstadse strandfront kyk meesal…

Comments Off on Groenpunt