Plettenbergbaai sonopkoms

Sonopkoms en sonsondergang fotos is van my gunsteling fotos om te neem.  So rukkie terug het ons ‘n naweek op Plettenbergbaai deurgebring.  Dit was ‘n bibberend koue oggend en ek het maar gesukkel om uit die bed te kom, maar wou graag op die strand wees vir sonopkoms.  Dit was die moeite werd, want daardie oggend het ek van my gunsteling sonopkoms fotos geneem.  Die enigste probleem was dat ek gevoel het dat ek ‘n fokuspunt of onderwerp in die voorgrond wou hê en daar nie regtig iets was nie.  Onnodig om te sê dat as enige iemand my daai oggend gesien het op en af hardloop op die strand, hulle seker lekker sou gelag het.