Kaap Recife Natuurreservaat

Die Kaap Recife Natuurreservaat in Port Elizabeth beslaan omtrent 370 hektaar om die westelike punt van Algoabaai.  Die reservaat is idiaal vir voëlkyk beide aan die kus en om die waterherwinningspoele.  Die beste manier om die reservaat te verken is om op die 9km lange Roseate Tern wandelroete gaan.  Die roete begin by SAMREC (South African Marine Rehabilitation and Education Centre), ‘n pikkewyn reddingssentrum, voor dit by die waterherwinningspoele verby gaan.  Die roete lei dan deur plantbedekte sandduine en verby ‘n uitkykpos wat uit die Tweede Wêreldoorlog dateer.  Langs die kus sluit die roete die Kaap Recife vuurtoring in wat in 1851 gebou is en stap jy al langs die kus af terug tot by SAMREC.