A whistlestop visit to Orania

I love exploring small towns. There's just something about them and the history you find there. But what if it's a small town that technically is new and without its own history yet still has a lot of history in it? Sounds confusing, doesn't it? There is one such place that has been on my bucket list radar for quite some time. The Afrikaner enclave of Orania. Partly to see what the town looks like for myself, partly to visit…

Comments Off on A whistlestop visit to Orania

Koningstrand

Koningstrand is een van Port Elizabeth se bekendste en mees gewilde strande en strek van die hawemuur tot by die McArthur swembadkompleks.  Die naam kom vanaf die Britse koninklike besoek van 1947 toe die koninklike trein langs die strand getrek is en 'n deel van die strand blykbaar omhein is vir die ekslusiewe gebruik van die koninklike familie.  Die prinsesse het op die strand gaan perdry terwyl die koning ook daar gaan swem het.  Plaaslik is begin om na die…

Comments Off on Koningstrand

Verwelkoming

'n Lantêring wag vir gaste op hulle aankoms by Camp Figtree in die Zuurberg na 'n wildsbesigtigingsrit in die Addo Olifant Nasionale Park.

Comments Off on Verwelkoming

Donkin mosaïek op Roete 67

Een van die mooiste kunsstukke wat deel uitmaak van die nuwe Roete 67 kuns- en kultuurroete in Port Elizabeth is die reuse mosaïek op die Donkin Reservaat.  Die moasïek wat deur studente aan die Nelson Mandela Metropolitaanse Universiteit gedoen is verteenwoordig aspekte van die Ooskaap.  Die sluit in diere, voëls, plante, mense en vele ander dinge.  Route 67 bestaan uit 67 kunswerke wat die 67 jaar wat Nelson Mandela in die publieke oog deurgebring het verteenwoordig.  Dit begin by die…

Comments Off on Donkin mosaïek op Roete 67

Waar ruwe rotse

Die berge buite Montagu soos jy deur die poort ry is absoluut asemrowend.  In die Jouberthuis Museum op die dorp hang 'n ou foto van dieslefde berg as in die foto hierbo.  Die vrou wat daar werk het gesien dat ek na die foto staan en kyk en vra toe of ek die gedig "Waar ruwe rotse" ken.  Die digter, C M van den Heever (1902-1957), was oorspronlik ‘n Vrystater en het blykbaar op 'n stadium ook in Montagu gewoon.   Die gedig…

Comments Off on Waar ruwe rotse

Lewer in die township

Ek is mal oor lewer, maar nie almal is groot aanhangers daarvan nie.  In die townships is dit wel baie gewild en word verkoop op baie straathoeke waar kos gemaak en direk uit die potte aan verbygangers verkoop word.  Onlangs het ek 'n toer vir 'n groep na New Brighton township in Port Elizabeth gereel en een van die stopplekke was 'n "wegneemete" hoek.  Hier het een van my kollegas 'n pot lewer en uie voorberei en alhoewel baie van die mense…

Comments Off on Lewer in die township

Klein treintjies

Op die eerste Sondag van die maand stroom baie families met klein (en ander met nie so klein) kinders na die Port Elizabeth Model Locomotive Society se maandelikse oop dag.  Families staan al van vroeg af tou om op die treintjies te ry met veral die stoom lokomotiewe wat baie aftrek kry.  Die rit vat wel net 'n paar minute, maar sluit in 'n tonnel, die Groot Grasrivier brug en 'n paar draaie deur die gronde in. En die beste…

Comments Off on Klein treintjies

Kaap die Goeie Hoop

 Die Kaap die Goeie Hoop is die naam van die mees suid-westelike landpunt van Afrika en is letterlik 'n klipgooi van Kaappunt af geleë.  Dit is tradisioneel (en verkeerdelik net soos met Kaappunt) geag as die punt waar die Atlantiese Oseaan en die Indiese Oseaan mekaar ontmoet, terwyl die eintlike ontmoetingspunt verder ooswaarts by Kaap Agulhas - Afrika se mees suidelikste punt - is. Die koue Benguelastroom wat van Antarktika af noord vloei, ontmoet wel die warm Agulhas-stroom naby die Kaap die Goeie Hoop. Die…

Comments Off on Kaap die Goeie Hoop

Noetzie – Kastele op die strand

So 'n paar kilometer buite die Tuinroete dorp Knysna, aan die einde van 'n grondpad, is 'n baie unieke plek met die naam Noetzie.   Noetzie (Khoi-San vir Donker Water) het 'n pragtige strand en strandmeer omring deur inheemse woude, maar wat Noetzie laat uitstaan is die feit dat daar verskeie kastele langs die strand is.  Die area is reg van Knysna se begin jare af 'n plekkie waar die plaaslike inwoners oor naweke gaan kamp het.  Die eerste kasteel is in 1932 uit plaaslike klip as 'n…

Comments Off on Noetzie – Kastele op die strand

Kaappunt se vuurtorings

Kaappunt in die Kaap van Goeie Hoop Natuurreservaat is seker een van die plekke wat die meeste besoekers ontvang in Suid Afrika.  Alhoewel Kaappunt nie die mees suidelikste punt in Afrika is nie, is dit die suidelikste punt van die Kaapse Skiereiland en een van die plekke waarheen besoekers gaan as hulle om die Skiereiland toer.  Die ou Kaappuntvuurtoring by Kaap Maclear is een van twee vuurtorings by Kaappunt en kan bereik word deur of die trappies te klim of die makliker opsie…

Comments Off on Kaappunt se vuurtorings