Dias Museum

Daai dag in 1488 toe Bartolomeu Dias in ‘n storm om die Kaap gevaar and kort daarna in wat vandag Mosselbaai is geland het, sou hy seker nooit kon raai dat op daardie selfde plek vandag ‘n museum sou staan wat sy naam dra nie.  Die Dias Museum kompleks het ‘n fantastiese verskeindenheid van attraksies en sluit ‘n skulpiesmuseum, die Munrohoekhuisies, die oorspronklike varswaterfontein waar Dias se matrose water geskep het om aan boort te neem en die Poskantoorboom in.  Die Poskantoorboom is ‘n 800 jaar oue melkhoutboom waar vroeë matrose boodskappe in ou skoene gelos het met die hoop dat bote oppad terug Portugal toe dit sou optel en terugvat.

Die hoofrede hoekom mense na die Dias Museum toe kom is die Maritime Museum wat ‘n lewensgrote replika van die karveel waarmee Dias en sy bemanning in 1488  die groot onbekende aangevat het bevat.  Die replika is 500 jaar na die oorspronklike een gebou en is in 1988 vanaf Portugal na Suid-Afrika gevaar voor dit in die museum gehuisves is.