Volstruise

As ek mag wil ek graag die lirieke van Groot Voël Paradys deur Jacques de Coning aanhaal om saam met hierdie foto te gaan.
Oudtshoorn is ‘n grootvoël paradys,
los jou budgy by die huis en ek sal jou ‘n groot voël wys.
Oudtshoorn is ‘n grootvoël paradys,
Los jou mossie by die bossie en kom speel met my volstruis.
 
Kom sit hier op my skoot dan vertel ek vir jou,
van die grootste voël wat ek gesien het my vrou.
Dit was daar by die Klein Karoo Kunstefees,
as ek ‘n voël kon kies dan sou dit daai een wees.
Daai voël se nek is so lank soos ‘n paal,
en hy sit op twee eiers, ‘n heerlike maal.
Maar as hy opstaan daai voël, dan is hy twee keer so groot,
so pasop as hy skop hy los ‘n vreeslike knop.