Seepampoentjie

Almal wat al langs ‘n Suid-Afrikaanse strand gestap het moes die een of ander tyd êrens ‘n seepampoentjie opgetel het.  Ek weet ‘n seepampoentjie is ‘n “sea urchin” in Engels, maar het nog altyd gewonder of dit dalk ‘n ander naam in Afrikaans het wanneer dit nog leef.  Die eerste een wat ek besluit om te vra was my goeie vriend Google.  Hy laat my selde in die steek en hierdie geleendheid was nie anders nie.  Penny Nyren se boek Ontdek Stande was bo-aan die soeklys en daarin sê sy dat ‘n lewende seepampoentjie ‘n see-engel genoem word.  See-engele woon gewoonlik op koraalriwwe of in rotspoele en het skerp penne wat hulle hele dop (skulp) bedek.  Hierdie gevaarlike penne word gebruik om hulle te beskerm en is gewoonlik giftig.  Probeer om nie in een van hulle te trap nie, want daardie einste penne breek maklik in jou voet af en kan maklik infeksie veroorsaak.  Die seepampoentjie in die foto het ek gekry op ‘n rots by die Knysnakoppe en moes deur iemand daar neergesit geword het nie lank voor my nie.