Springende krokedille

Die Kango Wildlife Ranch in Oudtshoorn het ‘n lang pad gekom van die dae toe dit net ‘n krokodilplaas was.  Alhoewel daar deesdae baie ander dinge is om te sien by hierdie bekende attraksie speel krokodille nog altyd ‘n rol.  By die Springende Kake (Jumping Jaws) word die krokodil uit die water uit gelok met ‘n stuk vleis.  Hy spring letterlik halflyf uit om die vleis te vat en terwyl dit gebeur staan besoekers met opgehoue asems om te sien of die gids darem met altwee sy arms gaan terugkom.