Groenpunt

Wanneer mens in ‘n stad woon is daar niks lekkerder as om uit die stad uit weg te kom nie, maar dis nie altyd moontlik nie.  Die volgende beste opsie is om op ‘n strand, ‘n park of natuurarea in die stad te gaan stap.  Al drie Suid-Afrika se groot kusstede het baie gewilde wandelroetes langs hulle onderskeie strandfronte.  Dit maak nie saak op watter strandfront jy stap nie, elkeen het sy eie bekoring, pragtige uitsigte en verskillende besienswaardighede.  Die Kaapstadse strandfront kyk meesal uit oor Valsbaai met die berg in die agtergrond.  Die foto is geneem vanaf Seepunt en kyk terug na Groenpunt met die Groenpuntvuurtoring aan die regterkant.