Klein Karoo sonsondergang

Die son gaan onder oor die Klein Karoo.  Dis die einde van ‘n snikhete somersdag en die horison is besig om te verkleur.  Blou raak goud raak donkerder.  Daar is nie ‘n briese wat trek nie met die enigste beweging ‘n volstruis wat teen ‘n draadheining afloop.