Voortrekkermonument

Die monument wat seker die naaste aan die hart van meeste Afrikaners in Suid-Afrika is is die Voortrekker Monument net buite Pretoria.  Die veertig meter hoë monument is in 1949 voltooi en is gebou ter ere van die Voortrekkers wat die Kaapkolonie vanaf 1838 verlaat het en noord na die Vrystaat, die ou Transvaal (vandag Gauteng) en Natal (KwaZulu Natal) met al hulle besittings op ossewaens getrek het.