Vuurvoël

Ons weet almal van die mitiese feniks wat uit die vuur en as uit opgerys het, maar wat gemaak as mens skielik ‘n swartkopreier in ‘n veldbrand sien?  Is dit ‘n feniks van ander vere?  Dit het nie lank geneem om te sien wat regtig aan die gang was nie.  Die veldbrand het sprinkane en ander insekte voor dit uitgejaag en die reier het letterlik net rondgestaan terwyl sy middagete na hom toe aangekom het.