Wit Renosters

Dit is ‘n hartseer realiteit dat die renosters in Suid-Afrika onder ‘n hengse druk geplaas word as gevolg van stropers wat hulle skiet en die horings uitkap.  Die horings word dan na die Ooste gesmokkel waar daar ‘n groot aanvraag is omdat hulle dink die horings medisinale kragte het.  Dis ‘n baie hartseer situasie en as dit nie gou gestop word nie mag daar dalk geen renosters oor wees in hierdie land oor 10 jaar nie.
Die witrenoster (Ceratotherium simum) is nie regtig wit nie.  Hy het ‘n wye mond met ‘n breë bolip wat hy gebruik om gras te wei en die Nederlanders het na hom verwys as die wydmondrenoster.  Toe die Engelse na die Kaap gekom het het hulle die Nederlanders verkeerd verstaan en gedog hulle verwys na hom as die witrenoster.  Die verskil tussen die witrenoster en swartrenoster is dat die swartrenoster (wat dieselfde kleur is) ‘n gepuntde bolip het waarmee hy blare van takkies af trek en eet.
‘n Volwasse witrenoster het ‘n gemiddelde massa van 3 500 kg en ‘n hoogte van ongeveer 160 cm. Sy voorste horing kan tot 158 cm lank word en sy tweede horing tot 56 cm. Die witrenoster kan ‘n topspoed van 45 km/h behaal.  Die wyfie is 18maande dragtig waarna ‘n enkele kalfie gebore word.  Witrenosters kan tot 45 jaar leef.