Die padda wou gaan opsit….

Een van die heel eerste fotos wat ek geneem het toe ek my eerste digitale kamera gekoop het was ‘n padda in ‘n poel onder ‘n waterval in die Tsitsikamma-nasionalepark.  Elke keer as die na die foto kyk dan hoor ek die kinderliedjie van die padda wat wou gaan opsit.  So sommer net vir snaaks wees plaas ek die liedjie se woorde.
Die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei aham,
die padda wou gaan opsit by sy nooi in die vlei,
maar ‘n opsitkers kon hy nêrens kry
aham aham aham

Hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur aham,
hy vra toe ‘n vuurvlieg om lig uit te huur ,
die vuurvlieg sê toe ja teen ‘n sent ‘n uur
aham aham aham

Die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis aham,
die twee loop toe af na die nooi se huis ,
die huis in die vlei van mejuffou muis
aham aham aham

Toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen aham,
toe padda die vuurvlieg se lampie wou leen,
het hy hierdie onstellende nuus verneem
aham aham aham

Vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys aham,
vuurvlieg se lamp is aan sy stert vasgeswys,
hy sou moes opsit saam met padda en sy muis
aham aham aham

Die padda het die vuurvleig maar huistoe gestuur aham,
die padda het die vuurvlieg maar huistoe gestuur aham,
want ‘n opsit lig teen ‘n sent ‘n uur
en ‘n luistervink daarby is gans te duur
aham aham aham