Golden Gate Hoogland-Nasionale Park

Een van Suid-Afrika se bekendste nasionale park landmerke is die Brandberg in die Golden Gate Hoogland-Nasionale Park in die Oos-Vrystaat.  Maak nie saak of dit wit gesneeu is in die winter of gras groen is in die vroeë somer nie, dis altyd ‘n welkom gesig vir reisigers oppad uit die Vrystaat na KwaZulu Natal se kant toe.  Maar moenie net deurry nie, stop vir ‘n dag of twee en verken die area.