Verkleurmannetjies

Is dit net ek of sien mens nie meer so baie verkleurmannetjies soos in die verlede nie?  Ek onthou hoe gereeld ons verkleurmannetjies in ons tuin gehad het toe ek ‘n kind was, maar ek kan nie dink dat ek al een gesien het in die sewe jaar wat ek in my huidige huis bly nie.  Hier onder is twee wat ek oor die laaste paar jaar teegekom het.  Verskoon asseblief as die name nie perfek is nie.
 
Suidelike Dwergverkleurmannetjie gesien in Kragga Kamma Wildpark in Port Elizabeth
.
‘n Knysna Dwergverkleurmannetjie wat ek in die Tsitsikamma raakgesien het