Baba spinnekoppies

Ek is nie ‘n groot aanhanger van spinnekoppe nie, behalwe as ek na hulle kyk deur my kamera.  Dan kom ek nogal verbasend naby.  Op ‘n besoek aan ‘n kampterrein langs die Gamtoosrivier het ek een middag gaan stap om ‘n paar sonsondergang fotos te neem.  Langs die paadjie het ek iets vreemd opgelet en besluit om ondersoek in te stel.  Wat van ver af soos ‘n bol iets gelyk het was ‘n hele zoer baba spinnekoppies.