Witpoortjiewaterval

Die Witpoortjiewaterval is die fokuspunt van die Walter Sisulu- Botaniese Tuin in Johannesburg.  Die tuin is ‘n baie gewilde piekniekplek en besoekers hou gewoonlik hulle oë baie wyd oop om te sien of hulle dalk die broeipaar Verreaux arende wat langs die waterval nesmaak kan gewaar.