Nelson Mandelabaai Stadion

Die Nelson Mandelabaai Stadion in Port Elizabeth was een van die stadions wat voor die 2010 FIFA Wêreldbeker gebou is.  Die 44 000 sitplek stadion het R1,1 miljard gekos (omtrent $150 miljoen) om te bou en is die eerste wêreldklas stadion in die Ooskaap.  Die stadion is langs die Noordeindemeer geleë en het gou een van Port Elizabeth se uitstaan landmerke geword. 

Die stadion maak vir ‘n absoluut pragtige foto op aande wat daar ‘n wedstryd plaasvind.

Die stadion is die tuisveld van beide die OP Kings (wat in die Currie Beker Eersteliga speel in 2012) en die Southern Kings (wat in 2013 in Super Rugby gaan speel) en het ook al gasheer gespeel vir die Springbokke in wedstryde teen Engeland en Nieu Zeeland.  Dit is ook die gasheerstadion vir die Suid-Afrikaanse been van die Internasionale Rugbyraad se wêreld 7’s toernooi.  Behalwe vir rugby word daar ook van tyd tot tyd sokker gespeel.  In 2010 het daar 8 wedstryde in die FIFA Wêreldbeker hier plaasgevind en daar sal ook wedstryde hier gespeel word in die 2013 Afrikabeker.