Steve Biko tronksel

Steve Biko is een van Suid Afrika se bekendste anti-apartheid aktiviste en is op 11 September 1977 oorlede nadat hy deur die polisie mishandel en aangerand is.  Biko is naby Port Elizabeth gearresteer en in die Walmer Polisiestasie aangehou voor hy ondervra en aangerand is.  Hy is agter in ‘n voertuig gegooi en vervoer Pretoria toe waar hy oorlede is.  Ek het onlangs die geleentheid gekry om die polisiesel te besoek waar hy in Walmer aangehou is en dink alhoewel dit nie aan die publiek oop is nie is dit regtig iets wat toeriste sal wil sien.