Houtkappershuisie

Met sy inheemse woude vasgedruk tussen ‘n pragtige kuslyn en die Tsitsikammabergreeks en bruingekleurde riviere wat daardeur vloei is die Tsitsikamma een van my gunsteling plekke in Suid-Afrika.  Wanneer mens die dorpie Stormsrivier besoek vind jy hierdie ou bosbouhuisies langs Eikelaning wat van die dorpie na die ou pad deur die woud lei.