Vergelegen in pienk

Die Weskaap is wêreldwyd bekend vir sy wynplase, party van hulle wat soveel as drie eeue terugdateer.  Een van die oudste wynplase in die Kaap is Vergelegen in Somerset-Wes.  Willem Adriaan van der Stel het sy pa, Simon van der Stel, in 1700 opgevolg as goeweneur van die Kaap.  Kort voor lank het hy ‘n groot stuk grond aan die voet van die Hottentots Hollandberge vir homself geeien net soos sy pa met Constantia, die oudste wynplaas in die Kaap, gedoen het.  Dit het drie dae geneem om by die plaas te kom met ‘n ossewa en dit is hoe die plaas sy naam “Vergelegen” (ver geleë uit die Kaap uit) gekry het.  Met my laaste besoek kon ek nie help om in die tuin pienk blomme in te klim en die foto te neem met die Vergelegen herehuis in die agtergrond nie.