Waar is die leeus?

Besoekers aan die Addo Olifant Nasionale Park word aangeraai om twee (of drie of vier) keer te kyk en seker te maak dat daar nie leeus in die omgewing is voor hulle by die uitkykpunt op Suurkop uitklim nie.  Omdat die park die tuiste is van die Groot 5 – om die waarheid te sê dit is die enigste park in die wêreld wat kan sê hulle het die Groot 7 – is die kanse goed dat daar dalk ‘n paar leeus êrens naby uithang.  Chaos Boy het besluit om vir homself te sien of daar dalk iets wegkruip.