Die klein dingetjies

Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk.  Gedurende ‘n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap.  Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.