Die son kom op vir Raakreis

Sonopkoms in Plettenbergbaai met die Tsitsikammaberge in die verte
 .
Wat beteken dit om raak te reis?  Die antwoord is eintlik heel maklik.  Dit beteken om op reis te wees en nie dinge te mis nie.  Dit beteken om alles te sien wat die moeite werd is om te sien, of dit nou ‘n bekende landmerk is of ‘n klein en onbekende monument.  Dit beteken om nie blindelings te reis nie, maar te verken sonder om na die tyd spyt te wees dat daar iets was wat jy nie gesien het nie.  Wat is Raakreis?  Raakreis is ‘n trots Afrikaanse blog waarin ek graag my reis- en natuurfotografie sowel as reisinligting oor die plekke wat ek al besoek het (en nog sal besoek) met lesers wil deel.  Waar kom Raakreis vandaan?  Ek het in Julie 2008 begin blog toe The Firefly Photo Files die lig gesien het.  In Maar 2009 het ek Port Elizabeth Daily Photo oorgevat en sederdien het ek 1064 artikels in eersgenoemde en 1131 is PEDP geplaas.  Verlede week het iemand my in ‘n epos gevra of die inligting in die blogs ook in Afrikaans beskikbaar is en dit het my aan die dink gesit.  Sal mense belangstel in ‘n Afrikaanse reisblog?  Hoekom nie?  Die belangrikste, het ek besluit, is dat dit nie net ‘n vertaling van die ander blogs moet wees nie, maar iets wat heeltemal op sy eie staan.  Hierdie is waar die son opkom vir Raakreis, so geniet die rit en maak seker jy reis raak.
PS, ek wil net noem dat ek nie ‘n professor in Afrikaans is nie en dat ek ook nie ‘n sub-redakteur het wat die posts nagaan nie, so daar mag wel van tyd tot tyd taal- en spelfoute inglip (tien teen een meer gereeld as dit), so vergewe maar as dit gebeur. 
 
UPDATE 19 Augustus 2014:  Ek het intussen besluit om Raakreis by The Firefly Photo Files in te lyf.  Die enigste rede is dat dit maar oor tyd, of die tekort daaraan, gaan.  Ten minste hier sal daar altyd iets nuuts wees, of dit nou in Afrikaans of Engels is.