Karoostorm

Party mense vind die baie vervelig om deur die Karoo te reis, maar vir meeste het die groot ooptes met die weie blou hemel bokant ‘n spesiale aantrekking.  Na ‘n warm somers dag kan ‘n donderstorm baie gou opsteek soos hier net buite Steynsburg in the Ooskaap.  Die twee Karookoppies in die agtergrond is Teebus en Koffiebus omtrent 10km buite die dorp.  Die “bus” is blykbaar ou Nederlands vir pot en die naam kom van die feit dat hulle soos ‘n teepot en koffiepot in die verte lyk.  Teebus aan die linkerkant is die smaller een van die twee koppies terwyl Koffiebus breër is.