Jagluiperd

 
Die groot kat wat seker die meeste onderskat word wanneer daar oor die diereryk gepraat word is die jagluiperd.  Wildkykers wil gewoonlik leeus en luiperds sien en as tiere natuurlik in Afrika voorgekom het sou hulle ook seker bo die arme jagluiperd op die lys gewees het.  Die Jagluiperd is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h bereik.  Hy kan 100 km/h binne 3 sekondes bereik en kan tot 450 m ver die spoed handhaaf voor hy moet stop om te verhoed dat sy liggaam oorverhit.  Jagluiperds verkies oop savannes, gras of bosveld en kom hoofsaaklik in Afrika voor met ‘n klein groepering van ‘n subspesie wat in Iran aangetref word.