Noetzie – Kastele op die strand

So ‘n paar kilometer buite die Tuinroete dorp Knysna, aan die einde van ‘n grondpad, is ‘n baie unieke plek met die naam Noetzie.   Noetzie (Khoi-San vir Donker Water) het ‘n pragtige strand en strandmeer omring deur inheemse woude, maar wat Noetzie laat uitstaan is die feit dat daar verskeie kastele langs die strand is.  Die area is reg van Knysna se begin jare af ‘n plekkie waar die plaaslike inwoners oor naweke gaan kamp het.  Die eerste kasteel is in 1932 uit plaaslike klip as ‘n vakansiehuis gebou met verskeie ander wat in die volgende paar dekades gevolg het.