Lewer in die township

Ek is mal oor lewer, maar nie almal is groot aanhangers daarvan nie.  In die townships is dit wel baie gewild en word verkoop op baie straathoeke waar kos gemaak en direk uit die potte aan verbygangers verkoop word.  Onlangs het ek ‘n toer vir ‘n groep na New Brighton township in Port Elizabeth gereel en een van die stopplekke was ‘n “wegneemete” hoek. 

Hier het een van my kollegas ‘n pot lewer en uie voorberei en alhoewel baie van die mense op die toer met opgetrekte wenkbroue daarna gekyk het het hulle gou ingespring en die bak leeggemaak.  Ek het nog gehoop vir ‘n laaste happie toe was daar net uie oor.