Klein treintjies

Op die eerste Sondag van die maand stroom baie families met klein (en ander met nie so klein) kinders na die Port Elizabeth Model Locomotive Society se maandelikse oop dag.  Families staan al van vroeg af tou om op die treintjies te ry met veral die stoom lokomotiewe wat baie aftrek kry.  Die rit vat wel net ‘n paar minute, maar sluit in ‘n tonnel, die Groot Grasrivier brug en ‘n paar draaie deur die gronde in. En die beste van alles.  Dit kos net ongeveer R6 per rit.