Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Suid-Afrika is vol van klein dorpies met interessante verhale en plekke om te ontdek, maar een van die wat baie hoog op enige iemand se lys behoort te wees is die Uilhuis in die Karoodorp Nieu-Bethesda.  Nieu-Bethesda lê so 50km noord van Graaff-Reinet en is in 1838 deur Charles Murray, 'n Nederduitse Gereformeerde dominee van Graaff-Reinet, gestig.  Met die stigting van die dorp het hy gesê, "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen" vanwee die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid…

Comments Off on Die Uilhuis in Nieu-Bethesda

Tsitsikamma Kuslyn

Die Tsitsikamma, plek van baie water, is sonder twyfel een van Suid-Afrika se asemrowendste streke. Digte groen inheemse woude waar woudreuse van oor die 800 jaar oud staan word van die blou see geskei deur loodregte kranse.  'n Ongerepte kuslyn met wit skuimende branders wat hulleself te pletter slaan op swart rotse.  Dolfyne en walvisse, otters in 'n sloep, luiperds teen die berg en die skugter Knysnaloerie wat tussen die boomtoppe rondbeweeg.  Stories van houtkappers uit die ou dae, olifantvoetpaaie en wie weet, miskien 'n bosgees of twee.  Duidelik een van die mooiste en…

Comments Off on Tsitsikamma Kuslyn

Die klein dingetjies

Dis so maklik om as reisiger soveel op die groot dinge te konsentreer dat mens die klein goedjies miskyk.  Gedurende 'n besoek aan Addo Elephant Back Safaris in die Zuurberge net langs die Addo Olifant Nasionale Park het ons onder andere saam met die olifante gaan stap.  Terwyl hulle water gedrink het het ek hierdie skoenlappertjie langs die dammetjie gekry en hy het lank genoeg stilgesit sodat ek langs hom kon gaan lê om die foto te kry.

Comments Off on Die klein dingetjies

Kaap Recife sonopkoms

Sonopkoms op die stand by Kaap Recife in Port Elizabeth met die vuurtoring in die voorgrond

Comments Off on Kaap Recife sonopkoms

Karoostorm

Party mense vind die baie vervelig om deur die Karoo te reis, maar vir meeste het die groot ooptes met die weie blou hemel bokant 'n spesiale aantrekking.  Na 'n warm somers dag kan 'n donderstorm baie gou opsteek soos hier net buite Steynsburg in the Ooskaap.  Die twee Karookoppies in die agtergrond is Teebus en Koffiebus omtrent 10km buite die dorp.  Die "bus" is blykbaar ou Nederlands vir pot en die naam kom van die feit dat hulle soos 'n teepot…

Comments Off on Karoostorm

Jagluiperd

 Die groot kat wat seker die meeste onderskat word wanneer daar oor die diereryk gepraat word is die jagluiperd.  Wildkykers wil gewoonlik leeus en luiperds sien en as tiere natuurlik in Afrika voorgekom het sou hulle ook seker bo die arme jagluiperd op die lys gewees het.  Die Jagluiperd is die vinnigste landsoogdier en kan snelhede van tussen 112 en 120 km/h bereik.  Hy kan 100 km/h binne 3 sekondes bereik en kan tot 450 m ver die spoed handhaaf voor hy moet stop om te…

Comments Off on Jagluiperd

Waar is die leeus?

Besoekers aan die Addo Olifant Nasionale Park word aangeraai om twee (of drie of vier) keer te kyk en seker te maak dat daar nie leeus in die omgewing is voor hulle by die uitkykpunt op Suurkop uitklim nie.  Omdat die park die tuiste is van die Groot 5 - om die waarheid te sê dit is die enigste park in die wêreld wat kan sê hulle het die Groot 7 - is die kanse goed dat daar dalk 'n paar leeus êrens…

Comments Off on Waar is die leeus?

Nelson Mandela Bay Stadium

I have seen stunning photos of the Nelson Mandela Bay Stadium with some of the best interior ones being taken from the top tow of seats right in the very corner.  So late last year during the IRB 7's I decided to venture up into the nose bleed section and get my own photo.  Mmmmm.... Quite clearly the stunning pics I've seen were taken with a SLR with wide angle lens.  Both of which I don't have.  So for now I…

29 Comments

Bain Street Grill – Port Elizabeth

Over the last couple of years the area around Stanley Street in Richmond Hill has developed into a hub of restaurants, side walk eateries and deli's and has become one of the best places to go for a meal in Port Elizabeth.  One of the restaurants I have heard a lot about but hadn't had a chance to visit is the Bain Street Grill (32 Bain Street, Richmond Hill) just around the corner from Stanley Street.  But this was about to change…

3 Comments

Lighting the way

Arriving back at Camp Figtree in the Zuurberg after a late afternoon game drive in Addo Elephant National Park, you are welcomed by lanterns lighting the way to the lodge.

3 Comments