Waar ruwe rotse
Die berge buite Montagu soos jy deur die poort ry is absoluut asemrowend. In die Jouberthuis Museum op die dorp hang 'n ou foto van dieslefde berg as in die foto hierbo. Die vrou wat daar werk het gesien dat ek na die foto staan en kyk en vra toe of ek die gedig "Waar ruwe rotse" ken. Die digter, C M van den Heever (1902-1957), was oorspronlik ‘n Vrystater en het blykbaar op 'n stadium ook in Montagu gewoon. Die gedig…