Die Uilhuis in Nieu-Bethesda
Suid-Afrika is vol van klein dorpies met interessante verhale en plekke om te ontdek, maar een van die wat baie hoog op enige iemand se lys behoort te wees is die Uilhuis in die Karoodorp Nieu-Bethesda. Nieu-Bethesda lê so 50km noord van Graaff-Reinet en is in 1838 deur Charles Murray, 'n Nederduitse Gereformeerde dominee van Graaff-Reinet, gestig. Met die stigting van die dorp het hy gesê, "En laten wy deze plaats nu Bethesda noemen" vanwee die vrugbaarheid van die plek en die aanwesigheid…