Die son kom op vir Raakreis
Sonopkoms in Plettenbergbaai met die Tsitsikammaberge in die verte .Wat beteken dit om raak te reis? Die antwoord is eintlik heel maklik. Dit beteken om op reis te wees en nie dinge te mis nie. Dit beteken om alles te sien wat die moeite werd is om te sien, of dit nou 'n bekende landmerk is of 'n klein en onbekende monument. Dit beteken om nie blindelings te reis nie, maar te verken sonder om na die tyd spyt te wees dat…
