Tsitsikamma Inheemse woud
Driehonderd jaar gelede het die inheemse woude van die Suidkaap al die pad van omtrent Mosselbaai tot by Humansdorp in die ooste gestrek. Gedurende die laat 18de en die 19de eeu is groot dele van die woude afgekap om die aanvraag van hout vir die bou van skepe, die spoorweë, geboue en meubels te bevredig. Dit gepaart met die groot vuur van 1869 en moderne ontwikkeling het daartoe gelei dat daar vandag net 'n klein persentasie van die oorspronklike woud oor is met die grootste…