Drakensberg wandelpad – Die Wandellied
Vir die een of ander rede het ek vandat ek met RaakREIS begin het en bloginskrywings in Afrikaans doen, skielik baie van die ou Afrikaanse Volksliedjies begin onthou as ek na van my fotos kyk. Dis eintlik hartseer dat ons dit nie meer so baie sing soos wat ons gedoen het jare terug nie. Hierdie foto is geneem op die Tigerfalls wandelroete in die Koninklike Natalse Reservaat in die Drakensberge en het my dadelik laat dink aan die Wandellied. Wandellied As ek moeg word vir…