Karel Landman monument

Mens is so gewoond om monumente in dorpe en stede asook langs groot paaie te sien, maar daar is wel monumente wat min mense te sien kry weens waar hulle gelee is.  Die Karel Landman Monument is een van dié en kan gesien word op ‘n grondpad so ‘n entjie van R72 tussen Port Elizabeth en Alexandria af.  Karel Landman het in die omgewing geboer tot 1837 voor hy een van die prominente Voortrekker leiers geword het.  Landman het ‘n groep van omtrent 180 trekkers en hulle werkers oor ‘n afstand van 885 kilometer gelei tot in Natal.  Hy het ook ‘n groot rol gespeel in die Slag van Bloedrivier asook verskeie ander skermutselings met die Zulus. 

Die monument is in 1938 opgesit deur ‘n samewerking tussen die kerksrade van die NG Kerke in Alexandria en Patterson.  Die probleem was dat die kerke nie kon besluit in watter dorp die monument moes opgaan nie en so is daar toe besluit op ‘n koppie halfpad tussen die dorpe.  Die monument bestaan uit ‘n 3 meter groot aardbol met ‘n ossewa wat oor die breedte van Suid-Afrika strek.  Die monument begroet mens so half onverwag terwyl jy op die grondpad ry en mens kan amper nie help om te stop en dit van naderby te bekyk nie.

This Post Has 5 Comments

  1. Janet

    What an interesting place. I must mark it on my list of things to do when visiting the in-laws again!

  2. Avril

    Interesting !!! Never seen a photo of it nor heard of the monument! Thanks for enlightening me! And a double wow – well done on the photo of choo choo train in the magazine !! You will be famous .. one day !!!

  3. Marka

    All the teams in the LLWS took part as far as I know. The parade went through the heart of downtown Williamsport.

  4. Lianne

    that's such an interesting monument!leethroughthelens.blogspot.com

  5. Perry

    Looks like something we see around here from the same era. Did not know such a thing existed. Good job!

Comments are closed.